Die kleuters by A.G. Visser
Word in Afrikaans onderrig en dus kry kleuters wat Afrikaans vaardig is, voorkeur by ons skool.
Personeel
Juffrou Natasha Boy
Juffrou Rinske Reitsma
Skooltye
Ons begin in die oggende om 07:30 en verdaag om 12:45.
Ons het ‘n wagklas tot 13:45 wanneer die laerskool verdaag.
Wanneer dit netbal- en rugbyseisoen is, is Juffrou Natasha aan diens by die wagklas, en wanneer dit hokkie- en krieketseisoen is, is Juffrou Rinske aan diens by die wagklas.
Vakke wat aangebied word
Dagprogram
Skoolfonds
Skoolfonds beloop tans R 850-00 per maand vir 11 maande.
Skooldrag
Graad R-kleuters dra elke dag Vissiedrag. Dit is die groen vissiebroek met die wit, geel en groen kraaghemp.
In die winter dra hulle elke dag die groen Vissie sweetpak met tekkies.
Ons het dan ook buite-kurrikulêre aktiwiteite waaraan die kleuters mag deelneem. Aangesien dit buite-instansies is wat dit aanbied, is daar koste aan verbonde. Meer inligting is beskikbaar by die kantoor en op die Graad R’e se kennisgewingbord.
Benodigdhede
Graad R leerders ontvang ‘n benodigdhede pakket aan die begin van die jaar sodra die registrasiegeld, wat die eerste maand se skoolgeld is, betaal is.
Graad R-Skoolgereedheid
Ons doen aan die begin van die jaar ‘n basislyntoets om te bepaal of die kleuter sekere basiese vaardighede onder die knie het. Hierdie toetsie help ook om leemtes en/of sterkpunte te identifiseer.
Daar word op die volgende punte gefokus:
Graad 1-Skoolgereedheid
Aan die einde van die jaar doen ons ‘n skoolgereedheidstoets om te bepaal of die kleuter na wense gevorder het. Van ‘n bang of skaam maatjie in ‘n vreemde skool tot ‘n slim, vol selfvertroue maatjie, wat nie kan wag vir grootskool nie.
Die skoolgereedsheidstoets behels of die leerder genoegsame vaardighede in die volgende aspekte bereik het:
Algemene Inligting
In Graad R maak ons as personeel dit baie lekker en opwindend vir ons maats. Ons kleuters is bang en vreemd aan die begin. Baie trane kom en gaan, maar op die ou end is dit vir hulle so lekker dat hulle elke dag wil skooltoe kom.
Ons werk in groepies van 5 of 6 wanneer ons ‘n hoofaktiwiteit doen van ‘n spesifieke vak. Terwyl die eerste groep hard werk is die ander groepies besig met ander aktiwiteite. Kleuters kry ook kans vir vryspel in die klas om sodoende hulle kreatiwiteit te ontwikkel.
Ons het elke jaar kleuter revue, waar ons kleuters leer om lekker te dans of om ‘n storie op te voer. Hierdie aktiwiteit bevorder hulle musikale vaardighede terwyl hulle genotvol deelneem.
Ons het ook aan die begin van elke jaar ‘n lekker kleuteratletiek. Die kleuters neem aan aktiwiteite deel, soos hardloop, spring, boontjiesak balanseer, fietsry en so meer.
Deur die loop van die jaar is daar klomp interessante aktiwiteite waaraan ons klein Vissies kan deelneem, soos bv. Ballonhop, Kaskardag, Waterkaskenade en nog vele meer.