Tel: 016 341 2631

E-pos: admin@lsagvisser.co.za

SKAAK

Hooforganiseerder
Me. Tanya Vos

Twee spanne het vanjaar deelgeneem aan die D7-skoleskaaktoernooi wat by Hoërskool Overvaal aangebied is. Dit is die eerste keer dat hulle deelneem aan só ‘n toernooi en ons is trots om te sê hulle het regtig goed gevaar. Die 0/11-gemengde span eindig algeheel 4de in die distrik en ons 0/13-span eindig in 8ste plek.

Skaak stel kinders op ‘n vroeë ouderdom in staat om verskeie lewensvaardighede te bemeester, naamlik:

  • Dit ontwikkel die brein.
  • Dit leer die mens hoe om ‘n probleem te analiseer, op te breek, te fokus op belangrike aspekte en die afleibare elemente uit te skakel.
  • Dit bevorder logiese denke.
  • Dit bevorder die vermoë om emosies te beteuel.
  • Dit bevorder selfbeheersing.
  • Dit bevorder selfvertroue.

Skaak se kompleksiteit bevorder ook kinders se koördinasie.