Hooforganiseerder
Mnr. Louis Venables
Die jaar het afgeskop met ‘n krieketafrigting en ontwikkelingskliniek. Hierdie jaar was daar vier spanne wat in die liga deelgeneem het. Mnr.Stephan het die o/11A-en B-spanne hanteer en Mnr.Louis die O/13A- en B-spanne. Die skool het meegeding en het gemengde welslae behaal. Die kinders het die geleenthede aangegryp en benut. Ons skool het verbeter soos die liga gevorder het. Ons het ook kriekettoerusting geskenk gekry en wil graag dankie sê aan elke ouer en borg. Die kriekettoekennings aan die einde van die jaar is ook ‘n aanduiding van die suksesse wat behaal is.
Vissies blaas hoog die vlam!!!
Mini-krieket
Me. Wendy Atterburry
edurende die Mini-krieketseisoen het baie van dieselfde rugbyseuns weer deelgeneem. Die oefeninge is getrou deur hulle bygewoon. Daar is harde werk ingesit om die kolf-tegniek, boulwerk asook die veldwerk mooi reg te kry en op die standaard wat dit moet wees. Komplimente is ontvang vanaf ‘n ander skool oor hoe mooi ons seuns se boulwerk is. Die seuns het verseker die vrugte gepluk. Die wedstryde het baie goed afgeloop en hulle het hulself goed van hulle taak gekwyt en net soos met die rugby, goeie sportsmangees getoon. Vissies blaas die vlam hoog!