Hooforganiseerder
Mnr. Louis Venables
Die rugbyseisoen het afgeskop met ‘n toer vir die O/13’s by Jubaweni. Dit is moontlik gemaak deur ‘n paar ouers en instansies wat die skool en die kinders goedgesind is. Die seuns het goeie blootstelling gehad en dit het ons dus gehelp ter voorbereiding vir die seisoen. Die skool het uitstekend gevorder en presteer nie teen staande die feit dat ons baie groot skole in ons liga gehad het waarteen ons moes meeding.
Die uitslae is soos volg:
O/9-span eindig 4de uit 6 spanne.
O/10-span tree uit as ligawenners!
O/11-span eindig 3de uit 6 spanne.
1ste span eindig 4de uit 6 spanne.
Vissies is ysters!!!
Bulletjie rugby
Me. Wendy Atterburry
“Crouch, bind, set!” Hoe bekend is hierdie woorde nie aan rugby liefhebbers nie? Dit is tog nie so bekend aan ons entoesiastiese Mini-Rugby (Bulletjie Rugby / Valkie Rugby) spelertjies nie. Hierdie klomp ses – tot agt jarige seuns het hulle rugby seisoen aan die begin van die jaar ongelooflik baie geniet! Ek glo hulle sou kon “tackle” of skrum, sou die geleentheid homself voorgehou het. Die sport is met ywer aangepak, om nie eens te praat van sportsman’s gees nie. Ek het soveel respek vir hierdie seuns se goeie maniere teenoor ander spanne van kompeterende skole. Waar ander skole se spelers met tye effe onvriendelik kon wees, het ons jong mannetjies hulle koppe hoog gehou en die spel gespeel soos dit gespeel moet word. Pragtige samewerking onder hulle, was ook aan die hand van elke spel. Trotse Vissies!
Gedurende die Mini-Krieket seisoen het baie van dieselfde rugby seuns weer deelgeneem. Die oefeninge was getrou bygewoon deur hulle. Daar is harde werk ingesit om die kolf-tegniek, boulwerk asook die veldwerk mooi reg te kry en op die standaard wat dit moet wees. Komplimente was ontvang vanaf ‘n ander skool oor hoe mooi ons seuns se boulwerk is, die seuns het verseker die vrugte gepluk. Die wedstryde het baie goed afgeloop, die seuns het ongelukkig nie al hulle wedstryde gewen nie, maar hulle het hulself goed van hulle take gekwyt en net soos met die rugby, goeie sportsman’s gees getoon. Vissies blaas die vlam hoog!