Tel: 016 341 2631

E-pos: admin@lsagvisser.co.za

Ons Skool

Die Skool se Wapen

Ons skool is vernoem na ‘n bekende man van ons volk, nl. Dr. A.G. Visser, ‘n digter en geneesheer uit ons kontrei.  ‘n Uitstaande persoon word vereer, deur hom te vernoem.  So is Dr. A.G. Visser vereer deurdat ons skool, ‘n straat in Rensburg, sowel as die hospitaal na hom vernoem is.  Ons het in 1979 A.G. Visser-jaar gevier, want as hy sou geleef het, sou hy 1 Maart 1979 ‘n honderd jaar oud gewees het.

Die Skool se Leuse

“Blaas hoog die vlam”.  Enige vlam brand hoog sodra dit meer suurstof kry.  Jou suurstof vir goeie prestasies is ywer en inspanning en slegs dan kan jy uitstyg en floreer

Laerskool A.G. Visser se Skoolhoofde – ‘n Stewige fondasie is gelê

  • Mnr. J.A.A. Kruger 1928 – 1945
  • Mnr. P.J. Smit 1946 – 1954
  • Dr. F.J.J.B. Herbst 1955 – 1976
  • Mnr. Deysel 1977 – 1983
  • Mnr. J.J. Jordaan 1984 – 1997
  • Mnr. J.S. Roothman 1998 – 2017
  • Mev. S. Marx Huidiglik