Hooforganiseerder
Me. Marthie Rabie
In 2024 het ons Vissies baie goed gevaar op die Netbalbaan. Na ‘n paar jaar van “ou” klere het ons ‘n nuwe bladsy omgeslaan met ons nuwe netbalrokkies. Baie dankie aan Mnr. & Mev. Naudé van De Hoek vir die groot borgskap, ons waardeer dit opreg. Ons was weer deel van D7-kleinskoleliga bepalings. Daar is 6 skole in ons poel teen wie ons meegeding het.
Die uitslae was as volg:
0/10 A – 5de
0/10 B – 4de
0/11 A – 4de
0/11 B – 5de
0/12 A- Wen kleinskoleliga in Sedibeng streek. Eindig 4de in Sedibeng Grootskoleliga.
0/12 B- 2de
0/13 A- Wen kleinskoleliga in Sedibeng streek. Eindig 4de in Sedibeng Grootskoleliga.
0/13 B – 2de
Proewe 6 van ons dogters was opgeneem in die D7-Netbalspan
0/12 – Relebohile Tsotetsi , Ntokozo Dlamini, Katelyn Ehlers
0/13 – Sharmone Boy, Mieka Rabie, Nicole Kok
Ntokozo was opgeneem in Sedibengspan wat na die eerste rondte van Gauteng ongelukkig uitgeval het.
Bokkie-Week (provinsiale span)
2 Dogters (Chantelize Pruis en Mieka Rabie) is opgeneem in die 0/13-Oos-Transvaal Bokkiespan wat die Julie-vakansie gaan toer het na Kroonstad.
Ons is baie trots op ons dogters vir hulle harde werk en is dankbaar vir elke juffrou wat baie hard met ons dogters gewerk het.
Dit was ‘n goeie seisoen. Ons sien uit na die Fast Five-toernooi in Oktober.
Hooforganiseerder (Mini-netbal)
Me. Elbe Pauer
In Vissieland begin ons reeds by ons kleinste Vissies om basiese vaardighede en tegnieke aan te leer. Die lesse wat ons by mini-hokkie en mini-netbal aanleer, is van onskatbare waarde. Ons glo sport van kleinsaf skep geleenthede vir groei en ontwikkeling. By Vissies moedig ons goeie sportmangees aan wat lei tot deursettingsvermoë, geduld, spanwerk en ook om te leer dat alles nie altyd uitwerk soos ek wil nie. Ons mini’s is deel van 6 skole waartydens ons geleentheid kry om gedurende Mei en Augustus in ‘n rondomtalie teen mekaar te speel. Dit sluit skole in soos Die Arend, Brakpan-Oos, Dalview, Môrewag en Tini Vorster. Ons Vissies het vir geen sterk skool teruggestaan nie, inteendeel, ons het baie goeie resultate behaal. Ons afrigters is baie trots op elke Vissie, groot en klein wat hulle harte uitgespeel het die seisoen.